Local newsNewsNews

KYK: Polisielede in deftige pakke rand lede van die publiek aan

Die polisie het ‘n ondersoek van stapel gestuur nadat lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens glo ’n motoris en insittendes langs ‘n snelweg aangerand het.

Dit volg nadat ‘n video van die voorval die rondte op sosiale media gedoen het.

Op die video kan mens sien hoe die gewapende beamptes, meeste van hulle in deftige pakke, die insittendes van ’n Volkswagen tot langs die pad sleep en hulle dan skop en trap.

Die polisiebeamptes klim dan in ‘n swart BMW X-reeks voertuig met ‘n polisienommerplaat en ry dan weg.

Dit is intussen bevestig dat die offisiere van adjunk-president Paul Mashatile se beskermingseenheid is.

Gewapende polisielede in deftige pakke rand lede van die publiek langs ‘n snelweg aan. Skermgreep: Verskaf

Brigadier Athlenda Mathe, ‘n polisiewoordvoerder, het in ‘n verklaring gesê die polisie is reeds van die voorval in kennis gestel en is besig om die slagoffers op te spoor.

Die bestuur van die polisie sal die slagoffers opspoor en verklarings by hulle afneem terwyl ‘n interne departementele ondersoek gedoen word.

“’n Voorlopige verslag oor die voorval toon dat die voertuig in die video aan die polisie behoort en dat die mans op die video polisielede is,” sê Mathe.

Terwyl die ondersoek voorduur het die polisie hulself van die optrede van die beamptes gedistandieër.

Daar word van polisielede verwag om die professioneel en verantwoordbaar op te tree, met integriteit en met respek vir ander se menseregte. Dit (die gedrag wat op die video getoon word) strook nie met die waardes en gedragskode van die polisie nie,” sê Mathe.

Die nasionale kommissaris van die polisie, genl. Fannie Masemola, het ook die gedrag van die beamptes veroordeel.

Die polisie moet die fundamentele regte van elke persoon handhaaf en beskerm en moet die magte wat aan hulle toegeken word op ‘n verantwoordelike en gekontroleerde wyse uitoefen. Hierdie gedrag kan nie goedgekeur word nie, ongeag die omstandighede,” het Masemola gesê.

Mense met meer inligting oor die voorval wat met die ondersoek kan help kan vir brig. Mathe by 082 040 8808 skakel.

Jy kan ook ‘n e-pos aan Kobus Hoffman, ‘n VF+ lid van die provinsiale wetgewer in Gauteng, stuur by khoffman@gpl.gov.za

Die polisielede loop terug na die BMW X-reeks voertuig na die aanranding. Skermgreep: Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button