AdvertorialLocal newsNews

Beplan jou verdere reis deur die Vaal se eie Wynroete!

Besoek hierdie elf deelnemende venues en ervaar ware Vaaldriehoekse gasvryheid EN uitstekende wyn!

Moenie dat die winterkoue in die Vaaldriehoek jou onderkry nie! Maak jou vriende en familie bymekaar en kom verwarm jul innerlike by enige van die restaurante en kuierplekke wat aan vanjaar se Vaal Wine Route deelneem:

Stonehaven on Vaal, 016 982 2951.
Waterfront Country Lodge & Spa, 016 987 3434.
Urban Vines Bistro and Vineyard, 079 491 3062.
Cock & Bull Pub (Heritage Village), 061 563 6384.
Rio Sol Portuguese Restaurant (Vereeniging), 016 423 3333.
Memories, 016 981 6510.
Riviera on Vaal Resort, 016 100 5027.
Emerald Resort & Casino, 016 982 8000.
Ocean Basket (Vanderbijlpark), 016 932 3149.
Rose Girlz, 016 423 4256.
The Bikers Race Bar, 078 811 1281.

 

Die Wynroete het in Junie begin en hou nog aan tot 6 Augustus – elke Saterdag en Sondag tussen 12H00 en 18H00. (Let wel, tafelbesprekings sluit om 17H00).
‘n Wynproe-sessie is baie bekostigbaar! Dit kos net R50 per persoon om 8 veskillende wyne by elke venue te geniet.
Benut gerus die kans om van die beste wyne in Suid-Afrika hier in ons eie Vaaldriehoek te proe! Eetgoed is opsioneel ekstra by elke venue beskikbaar.

So, beplan vandag jou verdere reis deur die Vaal se eie Wynroete en deel in die vreugde van Goeie Wyn!

Besoek https://www.facebook.com/VaalWineRoute vir meer inligting.

Illustrasiefoto – Chilli PicNic

Back to top button