BusinessLocal newsNews

Geldknyp in die Vaal: Jy kan nou jou voertuig verpand

Blitz Pawn help nou om kontant in jou hand te sit as jy vasdraai

 

Baie Suid-Afrikaners kry landwyd swaar. Die Vaaldriehoek is geen uitsondering nie.
Volgens mnr. Wessel Enslin van Blitz Pawn in Vanderbijlpark, probeer die onderneming toenemend om mense wat in ‘n geldkyp is, te help om kontant in die hande te kry.
Blitz Pandwinkel (Blitz Pawn) is al 50 jaar bekend as ‘n vertroude sakeonderneming wat kliënte deur dik en dun bystaan. Die winkel is in 1973 deur wyle Piena Pelser begin en is 12 jaar gelede deur Wessel oorgekoop.

Die eerste winkel wat jare lank in Vanderbijlpark bedryf is, het intussen toegemaak en word nou voortgesit by die nuwe Blitz Pawn-winkel op die hoek van Genl. Smuts en Livingston-boulevard (by die sirkel langs Cool Sound).

Wessel kom uit ‘n familie van sakemense van wie verskeie in pandwinkels gespesialieer het. Hy het dus van kleins af vertroud geraak met goeie sakebeginsels soos eerlikheid, outydse waardes en uitstekende kliëntediens. Daarby hou hy en sy personeel daarvan om langtermyn verhoudings met hul kliënte op te bou. Om dié rede het Wessel ook baie begrip vir kliënte se geldelike situasies.

Blitz Pawn koop en verkoop steeds hoëgehalte tweedehandse meubels, yskaste, wasmasjiene, skootrekenaars, selfone en vele meer, maar ‘n nuutjie is dat mense nou ook hul voertuie, bakkies, motorfietse, bote, woonwaens en ontspanningsvoertuie soos gholfkarretjies hier kan verpand en dadelik kontant in die hand kan kry. Die voertuig kan na ‘n maand weer teen mededingende rentekoerse teruggekoop word. Kliënte kan die gemoedsrus hê dat die winkel baie veilige parkering bied vir voertuie wat verpand word.

Kom maak gerus ‘n draai by Blitz Pawn se winkel en gesels met Wessel en sy span, of bel hulle by (016) 933 9743 of 082 859 2524. Nog inligting is beskikbaar op hul Facebook-blad: https://www.facebook.com/BlitzFurnishers.

Blitz Pawn se onderneming in LIvingstone Boulevard, Vanderbijlpark

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button