Local newsNewsNews
Een beseer toe voertuig tydens fotosessie aan die brand slaan
‘n Man het tweedegraadse brandwonde opgedoen nadat ‘n voertuig Vrydag (18 Augustus 2023) by die Midvaal-renbaan aan die brand geslaan het.
MIDVAAL. – Volgens Cert SA het die voorval tydens ‘n fotosessie gebeur.
“Blykbaar het daar rook uit die voertuig gekom terwyl hulle met ‘n fotosessie besig was. Hulle het die enjinkap oopgemaak om te sien waar die rook vandaan kom en ontdek dat die voertuig aan die brand is,” lui ‘n uittreksel uit ‘n verklaring.
Die Midvaal-brandweer was op die toneel om te help.
Teen die tyd wat hulle op die toneel aangekom het was die voertuig reeds uitgebrand.
Een pasiënt het tweedegraadse brandwonde aan sy arms opgedoen.
Hy is op die toneel behandel maar wou nie hospitaal toe gaan nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
