Local newsNewsNews

Wegholveldbrand rig skade op Boltonwold-kleinhoewe aan

'n Gebou op 'n kleinhoewe in die Boltonwold-omgewing het Dinsdag (22 Augustus 2023) afgebrand toe 'n veldbrand weens sterk wind versprei het.

MEYERTON. – Volgens die gemeenskapsnoodreaksiespan Cert SA het hulle omstreeks 13:50 Dinsdag ‘n noodoproep oor ‘n huisbrand in Pumpstraat in Boltonwold ontvang.

Die Midvaal-brandweer kon die brand keer voordat dit die hoofhuis bereik het.

Ongelukkig was daar wel skade.

Een pasiënt is vir rookinaseming behandel, maar gelukkig is niemand ernstig beseer nie.

Die brand het ontstaan toe ‘n veldbrand deur sterk winde aangedryf is.

Die Midvaal-brandweer en ER24 het op die toneel gehelp.

‘n Brandweerwa van die Midvaal-brandweer op die toneel. Foto: Facebook/Cert SA
Skade is op ‘n kleinhoewe in die Boltonwold-omgewing aangerig toe ‘n wegholveldbrand versprei het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button