Asemrowende wedrenne te sien by Ultimate Raceway dié Saterdag
Ultimate Outlaws is op die Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwweg, Vereeniging.
VEREENIGING. – ‘n Motorsportfees wag hierdie naweek op wedrengeesdrifiges wanneer die Tar Oval Nationals Saterdag, 2 September, by Ultimate Outlaws Raceway gehou word.
Dit word beskou as vanjaar se grootste byeenkoms van sy soort in die land. Meer as 100 deelnemers van so ver as die Kaap en ander provinsies het gekwalifiseer om aan die byeenkoms in die Vaaldriehoek deel te neem.
Bring Saterdag die gesin en kom kyk hoe die deelnemers mekaar die stryd aansê in die stockrods, 1660s en 2L Hotrods-klasse. Daar is ook twee ondersteunende klasse naamlik die Budweiser 500 National Hotrods en V8-sprintkarre.
Ultimate Outlaws Raceway is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwweg, Vereeniging. Vir navrae, stuur ‘n WhatsApp na 082 222 3365.
