Local newsNews
Groot pret wag Saterdag op petrolkoppe by Ultimate Outlaws!
Sien julle 30 September by die Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwweg, Vereeniging
Manne en meisies met ‘n liefde vir spoed en brullende voertuie kan hulle gereed maak vir groot pret wanneer Ultimate Outlaws Raceway se Spring Madness op 30 September gehou word. Bring die hele gesin en kom kyk na die Ninjas, die Junior Developments, Stockrods, 1660 Modifieds, 2L Hotrods, Hotrods en Sprints. Hekke open om 13:00 en die renne begin om 17:00. Ultimate Outlaws is op die Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwweg, Vereeniging. Meer besonderhede is beskikbaar op die Facebook-blad: https://www.facebook.com/UltimateOutlaws
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
