Local newsNews

Oogsorgmaand: Gesonde oë ‘n prioriteit vir Mnr SA-finalis

Tiaan Massyn moedig mense aan om tydens Oogsorgbewustheidsmaand ’n draai by hul oogkundiges te maak

 

 

Oogsorgbewustheidsmaand word nog tot 18 Oktober herdenk: ‘n Tydperk waarin daar sterk fokus op ooggesondheid in Suid-Afrika geplaas word. Die kranige sakeman, sanger en Mnr. SA Top 10-finalis, Tiaan Massyn, bestuur suksesvolle oogkundige praktyke in Pretoria en die Kaap. As oogkundige het hy eerstehandse ervaring van die impak van swak sig en ooggesondheid op mense se lewensgehalte. Om dié rede is Oogsorgbewustheidsmaand vir Tiaan baie belangrik.

Sy doel is juis om oogsorg meer toeganklik en bekostigbaar te maak vir almal. Om gesonde oë te kan hê en goed te kan sien is sekerlik een van die grootste geskenke wat n mens kan ontvang. Dit is egter iets wat baie van ons as vanselfsprekend aanvaar. Vir my bied Oogsorgbeswustheidsmaand ’n onmisbare geleentheid om mense op te voed oor die tekens en simptome van oogsiektes, wat moontlik na blindheid kan lei,” sê hy.

Verder, meen Tiaan, is die toename in jongmense met swak sig skrikwekkend. “Ons lewe in ’n digitale wêreld waar kinders op ’n jong ouderdom reeds aan skerms blootgestel word. As gevolg hiervan is daar die afgelope paar jaar ’n reusetoename in miopie (bysiendheid),” verduidelik hy.

Nog ’n kwessie wat mense nie sommer met ooggesondheid vereenselwig nie, is diabetes. Volgens Tiaan kan dié siekte na diabetiese retinopatie lei, wat katastrofiese gevolge vir lyers se visie kan inhou. Dus moedig hy mense aan om tydens Oogsorgbewustheidsmaand nie net op hul eie visie te fokus nie, maar ook te let op die sig van die mense om hulle.

Oktober is ook Geestesgesondheidsmaand en hierdie is ook ’n onderwerp wat dié aantreklike 29-jarige na aan die hart lê. Sy lewensdoel is om mense te help wat deur moeilike tye gaan en te motiveer om hul drome na te jaag en hul doel op aarde te vind.

“Die Mnr SA-kompetisie bied ’n ongelooflike platform waar ek liefdadigheidsprojekte en ander inisiatiewe op ’n groter skaal kan dryf. Dít laat my toe om meer mense te help en werklik n verskil te maak,” sê Tiaan.

Buiten die geleentheid om ander te help, is die kompetisie ook op persoonlike vlak vir hom baie betekenisvol. “Dit is natuurlik vreeslik lekker, maar ook baie uitdagend. Dit bou karakter, help jou groei, en laat jou ook baie van jouself leer.”

Hy het homself ook reeds as ’n gunsteling gevestig en is aangewys as die Hirsch’s-uitdaging se Augustus-wenner en die deelnemer met die meeste stemme vir Julie. Sy lof word deur talle aanlyn-bekendes met invloed besing en hy is baie geliefd onder sy pasiënte en mede-deelnemers.

Stem hier vir Tiaan: https://www.mrsa.co.za/product-page/mr-sa-2023-tiaan-massyn

Alhoewel sy praktyke en die Mnr. SA-kompetisie hom geweldig besig hou, glo Tiaan in balans en maak hy dus tyd vir sy ander passie – musiek.

Hierdie talentvolle musikant en liedjieskrywer het vroeër vanjaar sy indrukwekkende debuut-enkelsnit, Die Son Kom Op, vrygestel. Dié betekenisvolle lied, wat deur Artistry Productions se Jattie de Beer vervaardig is, is juis geïnspireer ideur die uitdagings wat sy pasiënte ná die pandemie ervaar het. Hy is tans besig met die opname van ’n gewilde Johnny Clegg-verwerking en gepaardgaande musiekvideo, wat binnekort vrygestel gaan word.

Tiaan moedig mense aan om tydens Oogsorgbewustheidsmaand ’n draai by hul oogkundige te maak. Om te kan sien is ’n ongelooflike gawe van God. Ons oë vereis egter sorg en aandag. Met die regte behandeling en voorsorg kan baie sigprobleme voorkom word,” sluit hy af.

Tiaan Massyn.
Tiaan Massyn, sakeman, sanger en nou ook ‘n Top Tien finalis in die Mnr. SA Wedtryd
Tiaan Massyn

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/tiaan.massyn

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button