Liggiefees en Kersmark by NG Suid
Vermaak vir oud en jonk wag op 10 November by NG Suid se genotvolle fees!
VANDERBIJLPARK. – Die NG Gemeente Vanderbijlpark-Suid beplan ‘n opwindende Kersmark en Liggiefees vir 10 November.
Die pret begin die middag om 16:00 by die kerkgebou in Mahlerstraat 2, SW5.
Maak solank gereed vir smullekker kos soos hamburgers, hotdogs en chips, jaffels, pannekoek, poeding, groot koeke, koeldrank en veel meer.
Besoekers sal by die witolifant-tafel kan rondsnuffel vir winskopies terwyl die kleingoed met speletjies soos tafeltennis, biljart en ‘n springkasteel besiggehou gaan word.
Die gewilde orkes bestaande uit jong kinders, 4 Eva Young, is die gaskunstenaars wat om 17:30 gaan optree. Hul optrede word gevolg deur MJ Nel, wat om 19:0 te sien sal wees.
Bespreek sommer nou al vir die skaap-spitbraai wat die aand om 19:00 gereed sal wees. Die koste is R120 per persoon. Besprekings is noodsaaklik. Nadere besonderhede is beskikbaar by (016) 982 2580.
