News

Op soek na wyle Dawid se naasbestaandes

Die familie word versoek om Tower of Life Shelter te kontak

 

 

Die Tower of Life Men’s Shelter in Krugersdorp is op soek na die familie van mnr. Johan Dawid Schalk Labuschagne (62), wat ongelukkig Saterdag oorlede is.

Volgens ‘n woordvoerder van Tower of Life was Dawid ‘n stil soort mens wat die afgelope jaar by die skuiling tuisgegaan het.

Die skuiling is op soek na sy naasbestaandes of iemand wat sy familie ken. “Ons weet hy het ‘n suster met die naam Mathilda Jacobs gehad, maar die kontaknommer wat ons het, is buite werking.”

Indien daar van sy naasbestaandes in die Vaaldriehoek is, word hulle vriendelik versoek om met Tower of Life in verbinding te tree by 079 264 4262.

Wyle mnr. Dawid Labuschagne (62)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button