
VANDERBIJLPARK. – MooiVaal Media het twee nuwe spanlede. Elsjé Smit en Williene Fuller is vanaf 1 Julie aangestel as subredakteure van al die koerante in die MooiVaal Media stal.
Dit sluit natuurlik Vaalweekblad, Ster South en Ster North in. Beide is Vaaldriehoekers in murg en been.
Elsjé het lank in die media gewerk alvorens sy haar passie vir sport uitgeleef het as tennisafrigter. Sy is nou weer terug by haar eerste liefde, joernalistiek.
Williene het ook sterk media agtergrond en het onder andere as nuusleser en joernalis by radiostasies gewerk.
As subredakteurs gaan al die Engelse en Afrikaanse koerantberigte eers deur hulle nagegaan word, voordat dit in die koerante gepubliseer word.
Sterkte en baie welkom by die redaksiespan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.