Local newsNews

Lewenslig baat by Saterdag se Barrage Boeremark

Die Barrage Boeremark ondersteun die plaaslike gemeenskap en liefdadigheidsorganisasies.

 

 

Aandag… Almal wat mal is oor Bunny Chows, bubble wafels, heerlike vars boord, koeke en ander tuisgebak, kerrie en rys, biltong, doughnuts, karamel-pampoenkoekies, vetkoek, kuns-artikels en plante!

Kom maak Saterdag, 3 Augustus tussen 09:00 en 14:00 ‘n draai by die Barrage Boeremark. Dit word gehou by Leading Agri Animal Feeds op die Barrage-pad in Vanderbijlpark.

Die sangers wat gaan optree is Andries en Jeanette.

Die Barrage Boeremark ondersteun die plaaslike gemeenskap en liefdadigheidsorganisasies. Saterdag 3 Augustus gaan die Lewenslig Sentrum vir mense met breingestremdhede ‘n deel van die wins ontvang.

Kontak 082 335 5743 vir meer inligting oor die Barrage Boeremark

Een van die gesellige stalletjies by ‘n vorige maand se Boeremark. Foto’s Chilli PicNic
Een van die deelnemers besig met laaste afronding aan haar spesiale boere-potjie.
Só moet ‘n boeremaaltyd mos lyk! Een van die jong gaste by die Barrage Boeremark se potjiekosdag wys sy smul-ete voordat hy begin weglê het.
Lekkerbekke kon vroeër die maand smul aan heerlike boerekos soos beesstert, stampmielies en pampoenkoekies tydens die Barrage Boeremark se potjiekosdag. Die mark word maandeliks deur inwoners van die omgewing aangebied om geld vir minderbevoorregtes in hul midde in te samel. Verlede maand is R1 800 ingesamel om die koue winter ‘n bietjie draagliker vir behoeftiges te maak. Sangers wat lewendige musiek verskaf het, het ekstra hitte in die koue dag ingeblaas. Die Boeremark-familie bedank almal wat die geleentheid ondersteun het en die lekker atmosfeer saam met inwoners kom geniet het. Hou Ster en Vaalweekblad se Facebook-blaaie dop vir inligting oor wanneer die volgende Barrage Boeremark gaan plaasvind.
Dié sangers het die winterkoue met hul lewendige musiek verdryf.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button