Hierdie gaan julle harte roer: Eben kry sy lankbegeerde fiets
Sakelui span saam om vir Eben 'n ryding te gee
Vaalweekblad kry weekliks honderde versoeke vir hulp van behoeftige mense wat kos of ander lewensmiddele nodig het. Ongelukkig is dit onmoontlik om al die versoeke te plaas want dit sal Vaalweekblad se hooftaak as nuusdiens eenvoudig oorspoel.
Maar soms kom daar versoeke in wat só aan ons Vaalweekblad-personeel se hartsnare trek dat ons nie anders kan as om dit te plaas nie. Toe Eben Marais, wat vele uitdagings het, op 16 Julie vanjaar vra of iemand hom dalk met ‘n fiets kan help, het ons dit geplaas, min wetend dat sy navraag ook ons lesers se harte intens sou raak. Eben se plasing het in ‘n kort rukkie ‘n “post reach” van meer as 12 000 gekry en teen die einde van daardie week het hy ‘n nuwe fiets gehad!
Hier is Eben se oorspronklike plasing op 16 Julie 2024:

DANKSY DIE HULP VAN SAKEMAN FANIE DE JONGH, KK E-bikes & Cycles EN DIE TIK-TOK PERSOONLIKHEID CHUCK KAASWORS HET EBEN ‘N PAAR DAE LATER ‘N NUWE FIETS GEKRY!

Hier is Eben se briefie waarin hy baie dankie sê (Vaalweekblad het ‘n bietjie taalversorging gedoen):
Eben sê dankie vir nuwe fiets
Eben Marais van Vanderbijlpark skryf:
Ek wil net weer baie dankie sê vir die Here en vir almal wat my gehelp het om ‘n fiets te kry. En spesiaal wil ek vir oom Fanie (de Jongh) en vir KK E-bikes en vir Chuck Kaaswors dankie sê, en vir Palms-winkelsentrum vir die bring van die fiets. Dankie. Liefde daar vir julle.
* Vaalweekblad bedank ook die betrokke sakelui wat hul harte oopgemaak het om Eben se lewe bietjie makliker te maak te midde van sy persoonlike uitdagings. (Red).

