Local newsNews

S’burg Amateur Radioklub stel nuwe bestuur bekend

Radiogeesdriftiges wat meer oor die klub se bedrywighede wil uitvind of wil aansluit, kan gerus van hulle laat hoor!

SASOLBURG. – Die Sasolburg Amateur Radioklub (roepsein: ZS4SRK) se algemene jaarvergadering is op 27 Julie in Vaalpark gehou.
Verskeie interessante sake en projekte is bespreek en die nuwe bestuur is ook bekendgestel.
Die nuwe bestuurspan bestaan uit voorsitter Deon Lottering (ZS4DL), ondervoorsitter Riaan Greeff (ZS4PR), sekretaresse Elmarie McCash (ZS6EM), tesourier Ilze-Mari Fivaz (ZS6IMF), tegniese lid Ruan Fivaz (ZS6RFC), en Erich Jannasch (ZS4VW) in die portefeulje: Sosiaal.
Mense wat meer oor die radioklub se bedrywighede wil uitvind of wil aansluit, kan sekretaresse Elmarie McCash kontak by 083 250 7391.

Voorsitter: Deon Lottering.
Ondervoorsitter: Riaan Greeff.
Tegnies: Ruan Fivaz.
Sosiaal: Erich Jannasch.
Tesourier: Ilze-Mari Fivaz.
Sekretaresse: Elmarie McCash. Belangstellendes wat graag meer oor die klub se bedrywighede wil uitvind of wil aansluit, kan hul besonderhede aan haar stuur by 083 250 7391. 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button