Local newsNews

Kanker eis gewilde radioman Rick Emdin

Vaalweekblad groet 'n goeie vriend saam met wie ons deur die jare verskeie hulpprojekte vir minderbevoorregtes aangepak het.

VEREENIGING. – Die bekende radio-omroeper en platejoggie, Rick Emdin, het vanoggend omstreeks 02:30 sy lang geveg teen kanker verloor.

Wyle Rick se swear, dr. Gary Immelman, het dié hartseernuus vanoggend só op Facebook aangekondig: “Sadly, my sister Lynn’s husband, Rick Emdin, passed away at 02:38 this morning, 31 August 2024, after a long and courageous battle with cancer. Rick was a very popular and well known radio announcer, colloquially known as Cousin Rick. Rest In Peace Rick, you shall be remembered for the outstanding work you did in the entertainment industry.”

Rick het in die sowat 40 jaar wat hy by radiowerk en uitsaaidienste betrokke was, onder andere by 702 en LM Radio gewerk voordat hy in die Vaaldriehoek by IFM 102.2 betrokke geraak het.

* Vaalweekblad groet ‘n goeie vriend saam met wie ons deur die jare verskeie projekte vir die bevordering van plaaslike kunstenaars, en gemeenskapwerk ten bate van minderbevoorregtes aangepak het.  Ons innige meegevoel aan sy vrou Lynn en hul familie.

‘n Volledige berig oor Rick sal in Vaalweekblad van 6 September verskyn.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button