NewsNews

Treffer jaareindkonserte vir die ADK

Die Akademie vir Dramakuns het hul jaar op 'n hoogtepunt afgesluit.

VANDERBIJLPARK – Die laerskool– en hoërskool dramastudente van die Akademie vir Dramakuns (ADK) het Saterdag die verhoog hul eie gemaak met eindjaarkonserte van hoogstaande gehalte.

Anné Botes en Nieke Fourie het hul rolle uitstekend vertolk en elke oomblik geniet.

Die oggend het die juniors hul beurt op die verhoog gehad tot groot vermaak van hul ouers, oupas en oumas wat kom kyk het. Die aand was dit die tieners se beurt en ook dié konsert is deur almal geniet.

Direkteur van die ADK Franciska van der Merwe sê: “Dit was ‘n lekker dag vir die kinders. Almal het ontspan en dit net geniet. Dié keer was daar geen druk van beoordeling nie.”

Wie skrik vir ‘n seerower? Benoit Kruger en Shaunnah Kruger tydens die vertoning.

Tydens die geleentheid is daar pryse uitgedeel. Adelie du Toit het ‘n medalje ontvang vir die beste drama prestasies vir die jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button