Local newsNews

Vaaldriehoek Radio Amateurklub groet die jaar op ‘n hoë noot

Die klub verwelkom graag enigiemand wat meer oor amateurradio-kommunikasie wil leer.

Lede van die Vaaldriehoek Radio Amateurklub (ZS6VTB) het Saterdag hul radio’s tuis gelos om in lewende lywe met mekaar te kuier. Die geleentheid was die klub se jaarafsluiting, wat met ‘n gesellige braai in Vanderbijlpark gevier is. 
Die ZS6VTB Amateur Radioklub beplan verskeie interessante projekte vir 2025 en moedig ervare operateurs sowel as nuwelinge aan om die fassinerende wêreld van amateur-radio saam te kom verken.
Die klub verwelkom graag enigiemand wat meer wil leer oor radio-kommunikasie. Vir meer inligting of om toekomstige geleenthede by te woon, kontak gerus die klubsekretaris, Lizanne, per e-pos by zs6vtb@gmail.com
Onder die lede en hul metgeselle wat die Vaaldriehoek Radio Amateurklub (ZS6VTB) se jaarafsluiting bygewoon het, is Lynette Opperman, Dirk van Breda, Marietjie van Breda, Ria de Bruin, Frikkie de Bruin en (voor) Dirk Opperman
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Check Also
Close
Back to top button