Ons weet wat ons weet… Wat sal jy doen met R1 miljoen?
Lucas Maree het destyds gesing, “Ek sou kon doen met ‘n miljoen”. Gerda Bruinette het by Noordskool in Sasolburg se juniors gaan hoor wat hulle sou doen met R1 miljoen.
Marli du Toit Ek sal vir my ‘n foon koop. Dit moet games op hê en ek wil WhatsApps stuur. En ek wil ‘n handsak met glitter op koop en makeup vir my oë en naels.

Corli Stadler Ek sal vir my sweets koop. Baie sweets. Die hele kamer vol en ‘n mooi pop. Ek dink ek sal vir my ‘n baba sussie of boetie ook koop.

Ava-Lee Botha Nee dankie, ek wil nie jou geldjies mors nie. Ek like net R20. Anders sal ek alles in my bankkaart bêre en net elke dag R20 trek.

Martin Wentzel Ek sal net kos koop en vir my familie kos koop. En ek sal vir mense geld gee wat nie geld het nie. Ek wil net ander help.

Carmie Barnard Ek sal vir my baie real life babies (poppe) koop en LOL poppe, dis klein poppies met groot koppe. Met die kleingeld sal ek sweets koop veral wine gums en jelly teddies.

Logan Rautenbach Ek sal die geld vir mense gee wat nie geld het nie en vir mense kos koop. Ek sal niks vir myself hou nie.

