News

Meisie (7) kry nie behandeling nie weens hospitaal se stukkende masjiene

Ouers hoop om genoeg donasies te kry om hul dogtertjie na 'n privaathospitaal te kan laat oorplaas

 

‘n Sewejarige meisie van Vanderbijlpark, Adeline du Plessis, lê al 10 dae sonder behandeling in ‘n staatshospitaal in Kroonstad nadat sy op 15 Maart geval en haar linkerarm sleg gebreek het. Penne moet in die arm ingeplaas word, maar die hospitaal se x-straalmasjien is buite werking. Die hospitaalteater funksioneer tans nie behoorlik nie en hulle het ook nie nou die nodige chirurgiese penne om in haar armpie te plaas nie.

Na verwagting sal die operasie eers oor ‘n maand gedoen kan word. Intussen vrees haar ouers dat  Adeline se gebreekte arm verkeerd gaan aangroei.
“Ons probeer nou ons bes om befondsing op BackaBuddy te kry sodat ons haar na ‘n privaathospitaal kan laat oorplaas,” sê haar bekommerde ma, mev. Elize du Plessis.

Enigiemand wat ‘n bydrade wil maak om Adeline so gou as moontlik na ‘n privaathospitaal in die Vaaldriehoek te laat oorplaas, kan ‘n inbetaling doen aan F. du Plessis, Nedbank-tjekrekening, 1265044236.

Meer inligting is beskikbaar op die BackaBuddy-profiel by https://www.backabuddy.co.za/campaign/adeline-7-year-old-needs-operation
* Lees die volledige berig in Vaalweekblad se uitgawe van 28 Maart.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button