News

Só het insleepdienste van Bossie Strydom afskeid geneem

Wyle Bossie het sowat 20 jaar lank 'n uitstekende diens aan inwoners van die Vaaldriehoek gelewer.

 

VANDERBIJLPARK. – Verskeie insleepondernemings en nooddienste het verlede Sondag aan ‘n massarit deur Vanderbijlpark se strate deelgeneem om afskeid te neem van Johan (Bossie) Strydom, wat byna 20 jaar lank ‘n bekende insleper in die Vaaldriehoek was. Hy is op 17 Maart onverwags by sy huis in Vanderbijlpark oorlede.

Bossie het sowat 35 jaar in die Vaaldriehoek gewoon, waar hy eers vir Dorbyl gewerk het en onder andere ‘n shop steward en unieverteenwoordiger was. Hy het mettertyd by inslepe betrokke geraak – eers vir duikklopondernemings en die afgelope paar jaar in sy eie hoedanigheid.

Die inslepers het verlede Sondag bymekaargekom om hulde te bring aan Bossie, en om erkenning te gee vir sy toegewyde diens aan die Vaaldriehoek se mense.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=92oOV90F_qE

Wyle Bossie Strydom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button