News

Rivierkrap ‘n ongewone vonds op droë grond

Baie inwoners van Vereeniging rapporteer dat hulle vanjaar "Egipte se plae" het. Sommige het las van rotte, muskiete en selfs paddas. Is daar nog lesers van die Vaaldriehoek wat met lastige gediertetjies sukke?

VEREENIGING. – Waterdiertjies soos ‘n varswaterkrap word nie maklik onder enige bos op droë grond aangetref nie, maar mnr. Nico Randall was verlede week ooggetuie van presies so ‘n unieke voorval.
Nico, ‘n inwoner van Mimi Fourie Hof, sê hy wou verlede week ‘n lesing op die reënmeter in die tuin neem, toe ‘n rot skielik onder ‘n plant uitgehardloop kom. So tien sekondes later kruip ‘n rivierkrappie toe ook onder die plant uit.

“Ek het die krappie gevang en was heel verbaas om hom hier aan te tref omdat hulle gewoonlik net naby ‘n waterbron voorkom. Dit is droog by ons en die naaste rivier is sowat twee kilometer weg,” sê Nico. Die krap was baie vuil. Nico vermoed dat hy dalk op ‘n manier in ‘n rioolpyp beland het en toe daar uitgekruip het.

“Hy was pikswartvuil en ek het hom in ‘n wasbak met water geplaas en skoongewas. Ek was regtig jammer vir die outjie. Ek het hom die nag in ‘n bad met water gelos, saam met ‘n klompie klippe om dit gemaklik te maak vir hom. Hy het heelnag daar gebaljaar.

“Buite by ons is ‘n pyp wat van die watertenk af kom en uitloop in gat in. Ek het die krappie toe die volgende dag daar gaan neersit en elke dag gaan kyk, maar sien hom nie meer daar nie. Hy is darem nou skoon en ek het vir hom kossies gegee,” sê Nico.

• Vereeniging loop blykbaar vanjaar onder ‘n hele paar plae deur. Baie inwoners laat weet dat hulle ‘n rotplaag het. Ander kla oor groen springkane wat hul tuine verniel, en Leeuhof se mense rapporteer dat hulle ‘n toestroming van paddas het. Tot dusver was Nico egter die enigste een wat ‘n rivierkrap op droë grond aangetref het.

Die rivierkrap sit tevrede in ‘n wasbak met water nadat Nico Randall hom skoogewas het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button