News

Vinnige enjins brul weer op 3 Mei by Ultimate Outlaws!

Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwlaan, Vereeniging.

 

VEREENIGING. – Motorsport-geesdriftiges, maak seker julle is Saterdag 3 Mei by Ultimate Outlaws Raceway vir ‘n dag van pret vir jonk en oud!
Groot opwinding kan verwag word wanneer vinnige voertuie in verskillende klasse soos Ninjas, Junior Developments, Stockrods, 1660’s, Tin Tops, 2L Hotrods, Hotrods en Sprints gaan kragte meet.
Hekke open die middag om 14:00 en die wedrenne begin om 17:00. Toegang is R50 per persoon. Kinders onder 5 jaar kry gratis toegang. Kaartjies kan ook aanlyn bespreek word by by www.ultimates.co.za.
Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- en Boy Louwlaan, Vereeniging. Stuur ‘n Whatsapp na 072 340 0619 vir meer inligting.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button