Verdagtes beroof kinders van selfone
"Almal moet versigtig wees en ook hul kinders waarsku teen moontlike gevaar."
Monique Landman van Vanderbijlpark sê hulle het verlede naweek ‘n nare voorval beleef toe haar susters se selfone op straat deur rowers wat in ‘n voertuig gery het, gesteel is.
Monique vertel: “Ek wil mense waarsku om versigtig te wees vir die persone wat met hierdie kar ry. (Sien foto). Dis ‘n metaalgrys Datsun Go.
“Die gebruikers van die voertuig is twee mans, een lank en groot, en een kort. Hulle parkeer die kar voor jou erf en gaan agter jong kinders aan wat waardevolle goed by hulle het, en beroof hulle dan.
“My twee susters se fone is Saterdagmiddag op dié manier gesteel. Die verdagtes het daarna na die kar toe teruggehardloop en weggery. Almal moet versigtig wees en ook jul kinders waarsku teen moontlike gevaar.
