News

Kom vier Afrikaans se 100-jarige bestaan hier!

Hier is twee genotvolle geleenthede om jou te kom verlekker in jou taal se liedjies, staaltjies en stories

 

Vir Afrikaanssprekendes was dit ‘n groot oorwinning toe die taal op 8 Mei 1925 as Suid-Afrika se amptelike landstaal erken is. Nou, presies honderd jaar later, staan Afrikaans steeds sy plek te midde van vele aanslae vol.

Volgens Statistieke Suid-Afrika se 2022-sensus was die land se bevolking in daardie stadium 62 miljoen, waarvan 24.4% isiZulu as moedertaal gepraat het; isiXhosa was in die tweede plek met 16.3% en Afrikaans derde met 10.6%.
Hoewel Afrikaans nog lank nie op sy sterfbed lê nie, is daar egter ‘n stelselmatge afname in moedertaalsprekers. Afrikaans het dus alle liefhebbers van die taal se hulp nodig om op langtermyn te oorleef.

Alle inwoners van die Vaaldriehoek is welkom om Afrikaans se 100ste herdenking as amptelike taal op 11 Mei by die NG Gemeente Vanderbijlpark-Suid te kom vier. Die gemeente se orrelis, Christo Erasmus, gaan vir strelende orrelmusiek sorg en hy bring ook sy musiekklokke uit die Switserse Alpe saam. Johan Erasmus gaan pragtige solosang lewer en die gehoor sal lekker kan saamsing aan Afrikaanse gunstelinge. Onthou om jou “Afrikaanse brein” saam te bring, want Maureen van Helden, wat op RSG sorg vir die Viva-kopkrappers op Dinsdae en Donderdae in die program, Op en Wakker, gaan ook daar wees.

Sondag se program begin om 15:00 by NG Vanderbijlpark-Suid se kerkgebou op die hoek van Schumann- en Verdistraat. Toegang is R80 vir volwassenes, R50 vir pensioenarisse en R50 vir kinders onder 12. Nadere besonderhede oor kaartjiesbesprekings is beskikbaar by Orma Badenhorst, 083 303 1246. Die geleentheid word deur Die Dameskring se Crescita-tak georganiseer.

Hier is NOG ‘n geleentheid om jou taal te vier:

* ‘n Kultuurdag met die klem op Afrikaans en die geskiedenis van die taal word ook op 17 Mei deur die FAK en ander kultuurorganisasies op Udolpho-rivierplaas buite Parys gehou. Bring gerus die hele gesin want daar wag hope pret soos boeresport, speletjies, uitstallings, ‘n storiewa, sweepklap en rieme brei. Oornaggeriewe is ook beskikbaar.
Kontak Germaine (072 404 3441), Jan-Danie (082 965 7002), Kobie (083 755 4444) of Gys (082 934 8017) vir meer besonderhede of om aan die optredes en uitstallings deel te neem.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button