News

Goedgeklede ‘huiskopers’ besteel vrou in Vanderbijlpark

Wees versigtig vir dié soort swendelaars!

Swendelaars is weer hard besig om Vanderbijlparkers om die bos te lei. ‘n Inwoner van Vanderbijlpark laat weet dat haar ma R1000 kwyt is nadat “voornemende huiskopers” toegang tot haar huis en klerekas gekry het, en skelmpies met R1000 daar weg is. Die leser vertel:

My ma is Woensdag beroof by haar huis deur twee goedgeklede swartmense, ‘n vrou en ‘n man, wat voorgegee het dat hulle haar huis wou koop. Hulle het dadelik R2 miljoen aangebied. Hulle was in haar woonstel en terwyl sy met die man praat, het die vrou na my ma se kamer toe geloop en haar kas oopgemaak en ongesiens R1000 kontant gevat.

Hulle het ‘n selnommer op ‘n papiertjie geskryf met die naam van ‘n vrou daarop. Ek het op True Caller gekyk en dit wys die naam van ‘n sekere persoon. (*Ongelukkig mag Vaalweekblad die naam en nommer nie publiseer nie). Ek het die nommer gebel en die vrou, wat niks van die hele besigheid af weet nie, sê toe dit was die 5de soortgelyke oproep wat sy in ‘n uur se tyd gekry het.
Die area is SE2 naby Hoërskool Driehoek. Ek wil ander inwoners net waarsku om baie versigtig vir sulke skelm “huiskopers” te wees.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button