News

Ouers baie bekommerd oor vermiste meisie

Kontak asseblief haar ouers as iemand weet waar sy is

 

 

Die ouers van dié jong meisie is baie bekommerd oor haar welstand. Sy is laaste in Vanderbijlpark gesien. Haar hare is nie meer lank en ligbruin nie, maar moontlik donkerbruin of swart en in ‘n bob-styl gesny.

“Asseblief, help ons om haar te vind,” vra haar ouers.

Enigiemand wat weet waar sy is of haar gesien het, word gevra om Willem (060 643 8839) of Wilma (074 380 0115) te kontak.

Die ouers vra dat die meisie, indien sy dalk hierdie boodskap lees, hulle asseblief net moet kontak en sê dat sy oukei is want hulle is verskrikllik gestress en bekommerd oor haar.

Die jong meisie wat vermis word. Sy is laaste in Vanderbijlpark gesien.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button