Local newsNewsNews
Francois weer op die been na gebreekte nek
Hy gaan eersdaags fisioterapie ontvang om sy regteram se funksionering te verbeter
VANDERBIJLPARK – Hy ervaar nog erge pyn maar kan al self badkamer toe gaan. Die 17-jarige Francois Kruger se veggees en vinnige herstel nadat hy Saterdag sy nek in ‘n rugbywedstryd gebreek is wonderbaarlik.
Die jong skolier van die HS Transvalia is ‘n inspirasie vir almal om hom. Volgens Prof. Adrian Kelly wat sy operasie behartig het, is dit ‘n mediese wonderwerk dat hy leef en weer loop.
Francois is vroeër vanmiddag deur sy spanmaats en die skoolhoof mnr. Johann Venkse met ‘n kuier by sy ouerhuis verras.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
