Local newsNewsNews

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, wie’s die beste in die land?

Passie en bloedsweet word beloon

VANDERBIJLPARK – Die Laerskool D.F. Malherbe het die afgelope week groot lof ingeoes toe hul toneelgroep as nasionale wenner by die Con Spirito Fortekompetisie gekroon is.

Die groep het vroeër vanjaar vir die nasionale rondte gekwalifiseer en in die kategorie vir groepe van 10– 19 spelers met ’n indrukwekkende 98% gewen.

Die prestasie is die resultaat van baie ure se harde werk en toewyding deur die spelers onder leiding van hul afrigter, mev. Elsa Boshoff. Volgens mev. Boshoff het die toneelgroep tot stand gekom nadat die skool gevra is om deel te wees van die “Afrikaans is 100” wat by Kunstedraai aangebied was.

“Daarna het ek besluit omdat hulle so hard geoefen het, dat ek hul gaan inskryf vir die Kunstefees vir meer blootstelling. Ons het by Con Spirito in Vaalpark gaan deelneem en 97% gekry en dus gekwalifiseer vir die nasionale kompetisie, Con Spirito Forte, wat in Bedfordview plaasgevind het.

“Daar het die kinders hulself oortref en 98% verwerf. Hulle was sterre,” vertel sy trots. “Die toneelstuk Geduld gaan oor die koningin wat haar geduld verloor en almal in die paleis is raadop om die geduld van die koningin te kry omdat sy kwaai en ongeduldig is. Na planne wat beraam is en ‘n groot soektog is die “geduld” gevind.

Dit was toe al die tyd die klein onskuldige kindjie wat kort-kort haar opwagting gemaak het. Hoewel sy geen formele opleiding het nie, spog sy met iets beter as ‘n graad teen die muur… ‘n groot liefde vir taal en drama. “Ek is 37-jaar betrokke by die Kunstefeeste waar ek gedigte, spreekkore en redenaars afrig.

Dit is my passie om die kinders in akteurs te help ontwikkel. Dit is ongelooflik belangrik vir kinders, want dit is goed vir hul selfvertroue en ook om ‘n bietjie te ontsnap na ‘n ander wêreld waar hulle hul harte kan uitspeel.

Ons het al in Februarie begin oefen. Soms twee keer ‘n week. Dit was beslis die moeite werd. Hierdie leerlinge het mekaar so vertrou tydens die optrede dat hul so gemaklik gespeel het,” sê sy “Wat vir my uitgestaan het was ten spyte van lang ure en baie oefening, het elkeen van hulle dit gedoen met ‘n glimlag en groot opgewondenheid. Hulle het nooit gekla nie,” sluit sy af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button