NewsNews

Miss Global SA kuier by haar alma mater

Oud-Valie tot Miss Global SA gekroon

VANDERBIJLPARK – Kunstedraai was in rep en roer op 16 Januarie toe Miss Global South Africa 2025, Chanel Rautenbach amptelik kom kuier het.

Chanel en Franciska van der Merwe van die Akademie vir Dramakuns loop al ʼn lang paadjie saam. “Sy het dramaklas by my geneem as tiener en haar selfvertroue is nou ongelooflik,” beduie Franciska.

Volgens Chanel is dit selfvertroue en die liefde vir die kunste wat jou slyp vir enige iets in die lewe.

Sy is ʼn oud-leerling van Afrikaans Hoër Sasolburg. Tans studeer sy modeontwerp. Haar liefde vir modeontwerp het sy al van kleinsaf.

“Ek het altyd my ma se materiaal gevat en dit om my gedrapeer en in die bome geklim,” lag sy vrolik. Sy het dan ook haar eie matriekafskeidsrok ontwerp in 2022.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button