News

ʼn Eerste vir plaaslike trampolien-springers

Veels geluk en baie sterkte aan die vier Trampolien-springers

VANDERBIJLPARK – Emfuleni Gymnastics is trots op vier van hul trampolien-springers wat gekies is om aan die Hans Christian Andersen City Games in Denmark te gaan deelneem.

Willem Pieterse, Thando Hadebe, Alexander du Plessis en Logan du Plessis is in die Gautengspan opgeneem wat vanaf 28 Julie tot 2 Augustus deel van die unieke spele sal wees.

Die spele word elke jaar gehou, maar dit is die eerste keer dat springers van Emfuleni Gymnastics Denmark toe gaan.

Die Hans Christian Andersen City Games is nie net ʼn kompetisie nie, die gimnaste en trampolien-springers neem ook aan ontwikkelingsprogramme deel en dan is daar tyd vir sosiale uitstappies na onder andere Odense Zoo en die Ten Pin Bowling baan.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button