Local newsNews

Hope vermaak en uitstekende vertonings by die ERT

Van Steve Hofmeyr tot by Spaansedanse uit die boonste rakke en 'n huldeblyk aan Koos du Plessis. Dis alles op die ERT spyskaart.

SASOLBURG – Die Etienne Rousseau Teater (ERT) het hul vertonings vir die komende maande bekend gemaak. Kaartjies is reeds beskikbaar vir elke vertoning.

Einde Mei verwelkom die ERT weer vir Carli Olivier en die befaamde klassieke kitaarspeler James Crace op die verhoog met hul nuwe produksie Café Flamenco.

Die nuwe produksie van Carlie Olivier en James Grace. Foto: ERT/Facebook

Die vertoning vind Sondagmiddag, 31 Mei plaas en begin om 15:00. Kaartjies kan bespreek word by www.seatme.co.za/tc-events/cafe-flamenco-2.

Dan loop die kaartjies vir die eerste vertoning in Junie soos stroop. Die alombekende Steve Hofmeyr bring sy Tribute to Neil Diamond na die ERT toe. Dis spesiaal vir al die Steve aanhangers en die liefhebbers van Neil Diamond se musiek.

Gou speel vir hierdie kaartjies. Dit verkoop vinnig uit. Foto: ERT/Facebook

Die vertoning vind plaas op Saterdag, 6 Junie om 19:00. Kaartjies kan bespreek word by www.seatme.co.za/tc-events/steve-hofmeyr-tribute-to-neil-diamond-ert.

Sondag, 21 Junie om 15:00 bring Johan Erasmus & ensemble ʼn huldeblyk aan een van Afrikaanse musiek se grootste legendes, Koos du Plessis. Skielik is jy vry se kaartjies beloop tussen R180 en R200. Dit kan bespreek word by Quezanne 071 331 0930.

Koos du Plessis was ‘n ikoon in Afrikaanse musiek. Sondag, 21 Junie herleef sy musiek. Foto: ERT/Facebook

Elandré se aanhangers kan regstaan vir ‘n besondere middag saam met hom by die ERT. Hy tree Vrydag, 10 Julie om 19:00 by die teater op. Kaartjies is beskikbaar by www.seatme.co.za/tc-events/elandre-live-ert.

‘n Vertoning om nie mis te loop nie. Foto: ERT/Facebook

In Augustus sal Suid-Afrika se Staccatos hul 65 jaar in die musiekbedryf vier met ʼn goue-oue treffer vertoning by die ERT. Kom kyk en luister na The Staccatos – 65 Years of Music op Sondag, 2 Augustus om 15:00. Kaartjies vir die vertoning kan reeds bespreek word by www.seatme.co.za/tc-events/the-staccatos.

Na 65 jaar bly die Staccatos se musiek steeds van die beste. Foto: ERT/Sasolburg
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button