
*Opdatering: Seun intussen oorlede: https://www.citizen.co.za/vaalweekblad/news/news-news/2026/04/10/rugbyspeler-van-hts-sasolburg-sterf-by-classic-clash/
VANDERBIJLPARK – ‘n Donker wolk en morbiede atmosfeer hang oor die DP de Villiers-stadion nadat ‘n o15-rugbyspeler van die HTS Sasolburg vermoedelik ‘n hartaanval gehad het.
Die HTS Sasolburg en HS Sasolburg se jaarlikse FNB Classic vind vandag op die stadion plaas.
Volgens beskikbare inligting is die speler langs die veld behandel en per ambulans hospitaal toe vervoer.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie en ‘n opvolgberig sal gepubliseer word sodra meer besonderhede beskikbaar is.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
