News

Metsimaholo se verordeningstoepassers ontvang nuwe uniforms

Wil hiermee dienslewering verbeter.

SASOLBURG – Die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit het verlede week nuwe uniforms aan sy verordeningstoepassers oorhandig as deel van ‘n poging om professionaliteit te bevorder en dienslewering te versterk.

Die oorhandiging het op Donderdag 2 Julie plaasgevind, waar die waarnemende bestuurder van Openbare Veiligheid, Bongi Mpembe en superintendent Carly Ramaele saam met die beamptes die geleentheid bygewoon het.

Volgens die munisipaliteit vorm die nuwe uniforms deel van sy pogings om beamptes beter toe te rus vir hul daaglikse pligte.

Dit sluit die toepassing van munisipale verordeninge (by-laws), die bekamping van onwettige storting, die beskerming van openbare infrastruktuur, die opvolg van inwoners se klagtes en samewerking met ander wetstoepassingsagentskappe in om openbare veiligheid te bevorder.

Beamptes speel ook ‘n rol in gemeenskapsbewusmaking oor verantwoordelike omgewings- en burgerlike praktyke.

Die munisipaliteit sê die nuwe uniforms weerspieël sy voortgesette belegging in openbare veiligheidspersoneel en sy verbintenis tot ‘n veilige, skoon en goed bestuurde gemeenskap.

Inwoners word aangemoedig om gevalle van onwettige storting en ander oortredings van munisipale verordeninge by die Verordeningseenheid aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button