Local newsNewsNews
Reënboog om die son
Alhoewel dit nie goed vir jou oë is om in die son te kyk nie, is 'n blik na bo soms 'n goeie ding. Nie aldag dat daar 'n son halo is nie.
VANDERBIJLPARK – Inwoners was Maandag net na 11:00 verras om ‘n reënboog om die son op te merk. Dit staan bekend as ‘n Sonhalo. Volgens Jaco Mulder is dit waarskynlik die algemene 22°-halo.
Dit vorm wanneer sonlig deur klein, seshoekige yskristalle in dun, hoë wolke gebreek word. Die 22° is die hoekafstand van die son se middelpunt tot by die ring.
’n Mens kan die rooierige binnekant en die ligter, blouerige buitekant van die ring sien. Die kleure ontstaan omdat die yskristalle rooi en blou lig teen effens verskillende hoeke buig. Dieselfde verskynsel kan ook ’n ring om die maan vorm.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
