News

Restaurante mag nie 10%-fooi afdwing nie

Fooitjies moet vrywillig wees.

Restaurante mag nie sommer ‘n verpligte diensfooi van 10% by kliënte se rekeninge voeg nie. Dit volg nadat die Nasionale Verbruikerstribunaal beslis het dat dié praktyk by ‘n Pretoria-restaurant die Wet op Verbruikersbeskerming oortree.

Die uitspraak volg op ‘n ondersoek deur die Nasionale Verbruikerskommissie (NCC) na TriBeCa Standard, wat outomaties ‘n diensfooi van 10% by klante se rekeninge gevoeg het.

Hoewel die restaurant se spyskaart aangedui het dat die fooi vrywillig is, is dit steeds outomaties gehef. Klante wat ontevrede was met die diens, moes die bestuur nader om die bedrag te betwis.

Die ondersoek het bevind dat die restaurant daagliks sowat 200 sulke diensfooie verwerk het.

Volgens die tribunaal het die restaurant die wet oortree omdat die spyskaart nie die bykomende dienste waarvoor betaal moes word, of die volle betaalbare prys aangedui het nie.

Die tribunaal het ook bevind dat dit onbillik was om klante te verplig om die fooi te betwis indien hulle swak diens ontvang het.

Fooitjies bly wettig, maar moet vrywillig wees. Die besluit om ‘n kelner te beloon, en hoeveel om te gee, berus by die klant.

Hardin Ratshisusu, waarnemende kommissaris van die NCC, het restaurante gewaarsku dat bykomende koste wat nie behoorlik op spyskaarte aangedui word nie, die wet oortree.

Die kommissie beplan nou landwye inspeksies by restaurante om te verseker dat verbruikers se regte beskerm word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button