Local newsNews
Jeugland-inwoners verwelkom die Lente in styl!
Jeugland Tuise vir Seniors se inwoners en gasvroue het hul beste voetjies voorgesit om die Lente te begroet
Jeugland Tuiste vir Bejaardes het die Lenteseisoen onlangs met ‘n swierige ‘high tea’ verwelkom. Dit het die inwoners nie net ‘n geleentheid gegee om hul spoggerigtse uitrustings aan te trek nie, maar ook om lekker te kuier. Jeugland se bestuurder, mev. Katinka Nel, bedank graag al die vroue wat skenkings gemaak het, die tafels pragtig versier het en eetgoed uit die boonste rakke verskaf het. Marchelle Brummer en Francois Van Niekerk het vir genotvolle musiek op hul saksofone gesorg. Foto’s: Marius Jordaan




At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
