Local newsNews

NWU skors Valie tydelik oor LGTBTQIA+ uitlatings

AfriForum Jeug dreig NWU met regstappe na die tydelike skorsing van 'n senior student

ʼn Storm het rondom die Vaaldriehoeker Shaun Christie se kop losgebars, nadat hy sy misnoeë verlede week in Potchefstroom tydens ʼn LGBTQIA+ inligtingsessie uitgespreek het.

Hy is na die voorval wat op 6 Februarie op die Amfiteater tydens ʼn Registrasie en Oriëntasie-sessie (R&O) vir eerstejaars plaasgevind het, tydelik deur die Noordwes-Universiteit geskors, afhangende die uitkoms van ʼn dissiplinêre ondersoek.

Louis Jacobs, woordvoerder van NWU, het aan Potchefstroom Herald, ʼn susterskoerant van Vaalweekblad, bevestig dat ʼn dissiplinêre ondersoek geloods is.

Christie, ʼn oudleerling aan die Hoërskool Transvalia in Vanderbijlpark wat ʼn finale jaar regstudent aan NWU se Potchefstroomkampus is, het Vrydag  9 Februarie die steun van AfriForum Jeug ontvang wat ʼn persverklaring uitgereik het.

“Shaun Christie het na bewering kritiek gelewer en aangevoer dat studente nie veilig voel om oor Christenskap te praat nie, maar dat gesprekke oor genderkwessies wel toegelaat word,” lui die verklaring.

AfriForum Jeug het hul regspan vanoggend, 9 Februarie opdrag gegee om moontlike regstappe teenoor die NWU te neem rakende die skorsing van ʼn senior student.

“AfriForum Jeug sal nou ondersoek instel na die gronde van die betrokke student se tydelike skorsing. Volgens inligting ontvang is die student vanweë beweerde disrespekvolle optrede geskors. Sy skorsing behels onder meer dat hy nie die kampus mag betree of gebruik mag maak van enige fasiliteite nie. Hy mag ook nie deelneem aan enige akademiese verrigtinge of geregtig wees op enige regte waarop ’n NWU-student gewoonlik mag aanspraak maak nie,” lui die verklaring verder.

Christe het intussen in ʼn video op AfriForum Jeug se Facebookblad meer duidelik oor die voorval gegee.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za
Back to top button