Cheanré Jacobs van die Hoërskool Dr. Malan se o.16 A-netbalspan in aksie tydens Vereeniging Gimnasium. Foto: Christiaan Cloete
*Meer foto’s in hierdie week se gedrukte weergawe van Vaalweekblad.
MEYERTON. – Die oorwinning van die Hoërskool Dr. Malan se eerste netbalspan oor Vereeniging Gimnasium het op 16 Mei die kroon gespan oor ‘n reeks kragmetings op tuisbodem waarin Dokkies meerendeels die oorhand oor Gimmies gekry het.
Dokkies se se eerste span het Gimmies se eerstes met 45-4 geklop, terwyl die tweedes met 34-5 oor die besoekers van Vereeniging geseëvier het.
Die volledige uitslae is:
*Eerstes: Dokkies 45, Gimmies 4
*Tweedes: Dokkies 34, Gimmies 5
*o.16 A: Gimmies 17, Dokkies 13
*o.16 B: Dokkies 29, Gimmies 7
*o.15 A: Gimmies 21, Dokkies 9
*o.15 B: Gimmies 18, Dokkies 13
*o.15 C: Gimmies 14, Dokkies 12
*o.14 A: Dokkies 28, Gimmies 2
*o.14 B: Dokkies 41, Gimmies 1
*o.14 C: Dokkies 38, Gimmies 0
Kayden Pietersen van HS Dr. Malan se o.14 B-span in aksie teen Gimmies. Foto: Christiaan CloeteMarionique Henning van die Hoërskool Dr. Malan se eerste netbalspan weer ‘n potensiële doel af. Foto: Christiaan CloeteMontyra Groenewald in aksie op die netbalbaan. Foto: Christiaan CloeteCheanré Jacobs van die Hoërskool Dr. Malan se o.16 A-netbalspan probeer ‘n bal onderskep. Foto: Christiaan CloeteNetbal kan soms ‘n harde sport wees. Hier lê netbalspelers van Dokkie en Gimmies op die vloer nadat hulle hard met moeder aarde kennis gemaak het. Foto: Christiaan CloeteDokkies se Marionique Henning met ‘n blitsige teenaanval. In die agtergrond is Montyra Groenewald vir ondersteuning. Foto: Christiaan Cloete
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!