NewsSport

Vier uit vyf seges vir Dokkies se hokkiebokkies op hul tuisbodem

Aksie op die hokkieveld.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verksyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON. – Die Hoërskool Dr. Malan se sintetiese astro hokkiebaan was Vrydag, 17 Mei en Saterdag, 18 Mei ‘n miernes van bedrywigheid toe spanne van dié skool kragte teen besoekende spanne van die Hoërskool Overvaal, Sasolburg Hoërskool en Hoërskool Transvalia gemeet het.

Al die meisies van die Hoërskool Dr. Malan se hokkiespanne het hul wedstryde teen die besoekers gewen, met die uitsondering van die Hoërskool Dr. Malan se o.14- span wat met 4-2 teen die Hoërskool Transvalia verloor het.

Die uitslae vir die onderskeie wedstryde is as volg:

* Eerstes: Dokkies 3, SHS 2

* Tweedes: Dokkies 1, Overvaal 0

* o.16: Dokkies 2, Valia 1

* o.15: Dokkies 9, Overvaal 0

*o.14: Dokkies 2, Valia 4

Danika Roos van die Hoërskool Dr. Malan se o.14- hokkiespan kap die hokkiebal met haar stok, met Lynné Heymans van die Hoërskool Transvalia wat nader staan om die bal af te rokkel. Foto: Christiaan Cloete
Maruzé Marais van Hoërskool Dr. Malan se o.14-hokkiespan vir haar doel teen Transvalia. Foto: Christiaan Cloete
Mia Klinck en Juané Jordaan wens vir Maruzé Marais geluk met haar doel teen HS Transvalia. Foto: Christiaan Cloete
Abigail Tyler, kaptein van die HS Dr. Malan se o.14-hokkiespan, en Katelyn van der Walt (HS Transvalia) kruis hokkeiestokke op die veld. Foto: Christiaan Cloete
Bianca Maree van Hoërskool Transvalia en Danika Roos van die Hoërskool Dr. Malan ding mee op die hokkieveld. Foto: Verskaf
Aksie tydens die wedstryd tusen Hoërskool Dr. Malan en Hoërskool Transvalia se o.14-hokkiespanne. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button