News

Omstrede privaatspeurder sterf buite kroeg

Hy het vermoedelik aan ‘n hartaanval gesterf toe hy vir die polisie weggehardloop het.

VANDERBIJLPARK. – Die omstrede privaatspeurder Elandre “Allie” Alberts is Sondagaand voor Andante’s Pub, ‘n kroeg in C.E. 1 in Vanderbijlpark dood.

Alberts is blykbaar deur die polisie agternagesit omdat hulle vermoed het dat hy in besit van ‘n onwettige vuurwapen was.

Volgens Sers. Sabelo Sigcu, ‘n polisiewoordvoerder, het Alberts gevlug en tydends die jaagtog neergeslaan.

Paramedici het hom later dood op die toneel verklaar.

Alberts se suster, Vicky Alberts, het op sosiale media die polisie se weergawe van gebeure betwis.

Volgens die privaatspeurder Mike Bolhuis blyk dit in hierdie stadium dat Alberts ‘n hartaanval gehad het, maar ‘n nadoodse ondersoek sal dit moet bevestig.

Bolhuis het ‘n beroep op mense gedoen om nie valse gerugte op sosiale media te versprei nie.

Alberts was gereeld in die nuus, dikwels vir die verkeerde redes.

*Lees die volledige berig in Vrydag se Vaalweekblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button