News

Man wreed op kleinhoewe vermoor

Die 68-jarige man is glo met 'n skroewedraaier in sy eie huis doodgesteek.

MEYERTON. – Die polisie het ‘n soektog van stapel gestuur vir die verdagtes wat Woensdagaand ‘n inwoner van die Boltonwold-kleinhoewes wreed vermoor het.

Die 68-jarige Vince Rudolph is glo omstreeks 19:30 in sy huis in Landstraat deur gewapende rowers oorval en vermoedelik met ‘n skroewedraaier doodgesteek.

Die verdagtes het met sy wit Nissan bakkie sowel as ‘n selfoon op die vlug geslaan.

‘n Werknemer van Rudolph het onraad vermoed nadat hy geluide in Rudolph se huis gehoor het.

Hy het later gemerk dat ‘n skuifdeur in Rudolph se eetkamer gebreek is en die bure sowel as die gemeenskapspolisieëringsforum ontbied.

Volgens konst. Tlaleng Moloi, ‘n woordvoerder vir die polisie in Meyerton, is die oorledene se lewelose liggaam in ‘n plas bloed in sy gang ontdek met wonde aan die onderkant van sy liggaam.

Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en moord.

Mense met inligting kan die Meyerton polisie by 016 360 4700 skakel, die #CrimeStop-nommer by 08600 10111 of the #MySAPS-toepassing gebruik om inligting vertroulik deur te gee.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: [email protected]
Back to top button