News

Jong barista tydens rooftog in kop geskiet

Hy het 'n manier gehad om glimlagte op sy kliënte se gesigte te sit.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Koop ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – Baie inwoners van die dorp sal hom as die vriendelike jong barista agter die toonbank by die Platō-koffiewinkel onthou.

Sy stem is nou vir ewig stil en sy vriendelike glimlag weg.

Xolani Makghato, ook bekend as Mr X, het aan beserings beswyk wat hy opgedoen het toe rowers hom tydens ‘n gewapende rooftog in Orange Farm in die kop geskiet het.

Vaalweekblad verstaan sy meisie was by toe dit gebeur het.

Xolani was die pa van ‘n jong dogtertjie.

Kaptein Teboho Lephoto, ‘n polisiewoordvoerder, kon nie meer inligting oor die voorval aan Vaalweekblad verstrek nie.

Huldeblyke het op Facebook vir Xolani ingestroom.

Wendy Thomas-Taljaard, eienaar van die Platōkoffiewinkel in Meyerton, het in ‘n plasing op Facebook gesê: “Dit is met groot hartseer dat ons afskeid neem van ons broer en gewaardeerde barista.”

“Xolani, dankie dat jy soveel glimlagte op kliënte se gesigte gesit het. Dit is ‘n sinnelose roof wat tot gevolg gehad het dat jy van ons weggeneem is. Mag God julle familie en vriende vertroos in hierdie hartseer tyd.”

Xolani Makghato.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button