News

Foto’s: Valies vier Halloween

Inwoners van die Vaaldriehoek het onlangs Halloween gevier.

*Die storie het in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad (1 – 7 November) verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

VANDERBIJLPARK – Die Emerald Casino se Animal World het op Vrydagaand, 25 Oktober in ‘n kleurvolle Halloweenwonderland verander tydens die jaarlikse Harry Potter Trick or Treat geleentheid ter viering van Halloween.

Soos die skemer oor die Vaaldriehoek neergedaal het, het gesinne in groot getalle opgedaag, elkeen geklee in ‘n kleurvolle Halloween-kostuum.

Heksies het gesellig met vampiere verkeer, zombies het skouers met strokiesprenthelde geskuur en sprokieskarakters het saam met Vikings gedans.

Animal World het tussen 18:00 tot 22:00 gekrioel van kleurvolle kostuums en opwinding.

Die ‘Wizarding World of Hogwarts’- towervertoning was een van die hoogtepunte van die aand.

Megan en Mauritz Goosen met hul seuntjie, Keith, as vampiere tydens die Emerald Resort & Casino se Trick or Treat Night Walk at the Zoo by die Emerald Casino se Animal World. Foto: Christiaan Cloete
Maileen Bezuidenhout as die Marvel-strokiesprentkarakter Ghost Rider. Foto: Christiaan Cloete
Ruan en Ilze Coetzee in hul kostuums. Foto: Christiaan Cloete
Quinton Arends as Alladin, Araelynn Arends as Abu en Melissa Teixeira as Prinses Jasmine van Alladin. Foto: Christiaan Cloete
Mioné Roodt, Coleen Nelson en Amoré Labuschagne as die drie heksies. Foto: Christiaan Cloete
Monja Fourie en Wynand Bezuidenhout as ‘n Egiptiese koning en koningin. Foto: Christiaan Cloete
Fourie de Lange en Leney Strydom in hul kostuums. Foto: Christiaan Cloete
Natanja en Phoenix Woltge. Photo: Christiaan Cloete
Poliana Nobre, Dean van der Westhuizen en Ines Nobre. Foto: Christiaan Cloete
Polena Rasekoai, Rorisang Rasekoai, Ranetswe Rasekoai en Jonas Rasekoai by die Emerald Casino & Resort se Animal World tydens die viering van Halloween. Foto: Christiaan Cloete
Zoë Müller, Chanré Laing en Justin Pieterse in hul kostuums. Foto: Christiaan Cloete
Jannie Gouws en Megan Rivabella vier Halloween saam by die Emerald Resort & Casino se Animal World. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button