News

Steunpilaar van Midvaal-gemeenskap sterf ná hartvaatoperasie

Hy was ‘n steunpilaar in sy gemeenskap en ‘n bekende figuur in Midvaal en die Demokratiese Alliansie.

MEYERTON. – Freddie Peters, raadslid vir Wyk 1 van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit en voormalige speaker van die munisipaliteit, is Sondagaand in die Life Eugene Marais Hospitaal in Pretoria oorlede.

Peters is Woensdag in dié hospitaal opgeneem vir ernstige hartvaatoperasie.

‘n Hartvaatchirurg sou ‘n kunsaar binne sy hartslagaar inplant nadat hy ‘n anneursime gehad het.

Sy toestand het ná die operasie versleg en hy is Sondagaand oorlede.

Huldeblyke stroom op sosiale media vir hom in.

*Volledige berig in hierdie week se Vaalweekblad.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button