News

Skaaktoernooi ten bate van oud-onnie

Die skaaktoernooi word gehou om fondse vir Jerry Fowlds, ‘n oud-onderwyser in te samel.

MEYERTON – Sedibeng Skaak en die Midvaal Skaakklub hou op 16 November ‘n skaaktoernooi by Laerskool Midvaal in Shippardstraat om geld vir Jerry Fowlds, ‘n oud-onderwyser van Laerskool Midvaal, in te samel.

Fowlds, wat hom vir 43 jaar lank met passie en geduld aan sy leerders toegewy het – 20 jaar by die Hoërskool Dr. Malan en 23 jaar by Laerskool Midvaal– benodig geld vir sy mediese onkostes.

Skaakspelers kan tussen 07:00 en 07:30 vir die toernooi registreer.

Spelers wat aan die eerste rondte deelneem moet reeds 07:45 sit vir die rondte wat om 08:00 begin.

Daar is pryse vir wenners van die o18, o16, o14, o12 en o10 afdelings, sowel as wenners van die LSEN-afdeling en die pretafdeling.

Spelers wat aan die toernooi wil deelneem moet ‘n aanlynregistrasievorm voltooi en saam met ‘n bewys van betaling stuur aan entries@sedibengchess.co.za.

Inskryffooie kan betaal word in die Capitec-spaarrekeing van Jerry Fowlds.

Die rekeningnommer is 2303818377 en die takkode is 470010.

Gebruik die woord Chess gevolg deur die speler se naam en voorletters. Inskrywings sluit op 14 November om 20:00 en geen laat inskrywings word aanvaar nie.

‘n Lys van spelers sal teen 15 November om 15:00 op www.chess-results.com gepubliseer word.

Indien jy ingeskryf het en nie op die lys van spelers verskyn nie, kan jy vir Marius Kruger by 084 586 4967 kontak of ‘n e-pos aan entries@sedibengchess.co.za stuur.

Inskryffooie beloop R200 vir die prestige-afdeling, R130 vir die o18-afdeling, R100 vir die o16-afdeling, R80 vir die o14-afdeling, R60 vir die o12-afdeling, R50 vir die o10- afdeling, R50 vir die LSENafdeling en R50 vir die pret afdeling.

Vir meer inligting skakel of stuur ‘n e-pos aan Marius.

Besoek die Facebookblad “Hoop op Loop vir Mnr Jerry” hier vir meer inligting oor die fondsinsamelingsveldtog vir Fowlds.

Fowlds se gesondheid het in 2011 ‘n negatiewe wending geneem toe hy met prostaatkanker gediagnoseer is.

Hy het bestraling daarvoor ontvang en was vir twee jaar in remissie, totdat daar in 2014 kankergewasse in sy buik gevind is.

Daarna het hy verdere bestraling ondergaan.

Die komplikasies van die bestraling het egter ‘n groot negatiewe uitwerking op sy lewenskwaliteit gehad.

Sedertdien het hy gesukkel met sy been.

Die laaste paar jaar was ‘n groot uitdaging vir Fowlds, aangesien sy been al hoe meer probleme begin gee het.

In 2023 het hy homself bedlêend bevind. Na besoeke aan 11 verskillende dokters is vasgestel dat hy ‘n heupvervanging benodig.

Die dokter het die operasie as een van die moeilikste in sy loopbaan beskryf weens die verbrokkeling van sy been. Dit het egter nie die probleem opgelos nie, aangesien littekenweefsel in sy lies die bloedvloei en limfdreinering beïnvloed, en senuwees vasdruk.

In 2024 het hy ‘n limfchirurg geraadpleeg wat hoopvol is dat ‘n prosedure (vier limfomleidings) sy limfdreinering sal verbeter.

Hierdie prosedure word egter nie as ‘n “mediese intervensie” gesien nie, omdat dit nog baie nuut in Suid-Afrika is, en word dus slegs gedeeltelik deur die mediese fonds gedek.

Die gedeelte wat hy in totaal self sal moet inbetaal word konserwatief op R100 000 beraam.

Dit sluit nie al die nasorg soos spesiale verbande, wondsorg en fisioterapie in nie.

Tot dusver het hy alle bykomende mediese koste wat nie deur sy fonds gedek word nie, uit sy eie sak betaal.

As pensioenaris kan hy egter nie meer sulke groot uitgawes bekostig nie.

‘n Direkte EFT kan ook gemaak word aan JJ Fowlds, Capitec spaarrekening: 2303818377, Takkode: 470010, Verwysing: Operasie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button