VEREENIGING – Geneviéve Cillié, ‘n inwoner van die Vaaldriehoek, se bobaas White Chocolate & Cranberry beskuit het die beoordelaars van RSG en Virseker se Bakgat-beskuitproe so beïndruk dat sy verlede week as een van die kompetisie se top vyf finaliste gekies is.
Geneviéve se baksels is saam met die van sowat 1 500 deelnemers geproe.
Sy het aanvanklik as een van die top 72 deelnemers gekies en verlede week het sy deurgedring na die top vyf.
Die wenner van die kompetisie word op Woensdag, 13 November tussen 13:00 en 14:00 regstreeks op RSG aangekondig.
Die Vaaldriehoek staan bankvas agter Geneviéve.
*Lees in die volgende uitgawe van Vaalweekblad dmeer oor Geneviéve se sukses en uitslae van die kompetisie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.