News

Help Vaalpets om vierpotige vriende se Kersfees spesiaal te maak

Ondernemings en individue word uitgenooi om aan die veldtog deel te neem en ‘n bydrae te maak.

VANDERBIJLPARK – Vaalpets, ‘n diereskuiling op die Mantevrede-kleinhoewes, hou in November ‘n Food Drive waartydens hulle kos vir diere van die skuiling insamel.

Vaalpets bied sedert 2015 ‘n veilige hawe aan honde in die Vaaldriehoek.

As deel van dié vedltog samel Vaalpets ook kos in vir twee ander plaaslike diereskuilings – Hermes Haven en die Purrpaws For Life-reddingsentrum.

Vaalpets is spesifiek op soek na hondekos, speelgoed en komberse.

Vaalpets nooi plaaslike ondernemings en inwoners van die Vaaldriehoek uit om dié veldtog te ondersteun ten einde hierdie Kersfees ‘n ontvergeetlike Kersfees vir al Vaalpets se vierpotige vriende te maak.

Mense wat belangstel om dié veldtog te ondersteun kan hondekos of ander donasies by Hot Pot Paint by 108 Houtkopweg in Duncanville, Vereeniging of by di Astron Convenience Store op die hoek van eerstelaan en die Barrage-pad in Stefanopark, Vanderbijlpark aflaai.

Indien jy dit nie self kan aflaai nie kan jy een van Vaalpets se vrywilligers skakel om dit te kom afhaal.
Skakel vir Rosemary Botha by 083 645 6584 of Laurika Oosthuizen by 083 737 8851 vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button