News

Vyf jaar van sologamie op hartseer noot herdenk

Sy het vyf jaar gelede met haarself getrou. Hierdie jaar het sy haar 'huwelik' in die oorblyfsels van haar afgebrande huis gevier.

VANDERBILJPARK – Daar was vanjaar ‘n somber atmosfeer in die lug toe Rita Woodall-Terblanche, ‘n voormalige nudis, Lotto-wenner en waarskynlik SuidAfrika se eerste sologamis, die vyfde agtereenvolgende herdenking van haar huwelik met haarself gevier het.

Tydens ‘n diep persoonlike seremonie by die bouval van haar voormalige gesinshuis in Van Wouwstraat, wat vroeër vanjaar in ‘n brand verwoes is het Rita die troubeloftes wat sy vyf jaar gelede aan haarself gemaak het hernu.

Rita het op 9 November 2019 die land aan die gons gehad toe sy met haarself getrou het.

Elke jaar sedertdien het sy haar geloftes aan haarself hernu op ‘n ander plek wat spesiale betekenis inhou, insluitend Phoenix Park, die Baddrift-brug, die dieretuin by die Emerald Casino en langs die Vaalrivier by Stonehaven.

Vanjaar se hernuwing was egter nie dieselfde soort feesviering as vorige jare nie…

Rita Woodall-Terblanche in ‘n kamer van die bouval van haar huis in Van Wouwstraat. Foto: Christiaan Cloete

Rita het kort ná 14:00 op ‘n grou dag by die verkoolde oorblyfsels van haar huis in Van Wouwstraat, Vanderbijlpark, aangekom, nadat dit feitlik die hele oggend gereën het.

Gekleë in ‘n swart rok het sy in ‘n motor wat met wit en swart ballonne en linte versier is na die verbrande plek gery.

Die huis, wat eens deur haar oorlede man, Allan Woodall, besit is en in 1973 gekoop is, was die tuiste van Rita, haar man en hul seun vir meer as 40 jaar.

Rita se huis in Van Wouwstraat het in Februarie vanjaar afgebrand. Foto: Christiaan Cloete

Ná Allan se dood in 2018, en nadat sy en haar seun albei uit die huis getrek het, het die huis leeggestaan.

Rondlopers het die eiendom van metaal gestroop, wat gelei het tot ‘n elektriese kortsluiting en die brand in Februarie vanjaar.

Rita het besin oor die huis se betekenis vir haar, met herinneringe aan haar oorlede man, troeteldiere wat in die erf begrawe is, en planne om die huis in ‘n skuiling vir mishandelde vroue te omskep voordat die brand dit vernietig het.

Rita Woodall-Terblanche loop deur die oorblyfsels van haar huis wat in Februarie deur ‘n brand verwoes is. Foto: Christiaan Cloete

Terwyl sy daar tussen die ruïnes gestaan het, het sy haar troubeloftes plegtig hernu en belowe om “voort te gaan op my pad van self-oorlewing en selfliefde” en om haarself te beskerm en vir haarself te sorg.

Ek sal getrou wees aan myself en sal nie bang wees nie,” het sy verklaar, haar woorde ‘n treffende herinnering aan haar reis van selfbemagtiging.

Terwyl Rita dit oorweeg om die eiendom te verkoop, bly haar verbintenis tot selfliefde onwrikbaar, aangesien sy ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe in die gesig staar, een wat gevorm sal word deur die herinneringe van beide vreugde en verlies.

Rita en haar man het vir bykans vier dekades in die huis gebly. Foto: Christiaan Cloete
Rita Woodall-Terblanche by wat eens haar swembad was. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button