News

Verlustig jou in uitstaande foto’s saam met die VPS

Fotografieliefhebbers staan nader vir die Vereeniging Photographic Society se jaarlikse uitstalling.

VEREENIGING – Die naweek van 30 November en 1 Desember is dit weer tyd vir die Vereeniging Photographic Society (VPS) se jaarlikse uitstalling by River Square in Drie Riviere.

Hierdie is die 17de jaar wat VPS hul klub se top 50 foto’s van die jaar gratis vir die publiek uitstal.

Francois Oosthuysen is die nuwe voorsitter van die VPS. Hy het al verskeie internasionale toekennings met sy fotografie verower.

Mense wat die uitstalling besoek kry ook die geleentheid om vir hul gunsteling foto te stem. Die fotograaf wie se foto die meeste stemme verower asook een gelukkige stemmer wen ‘n prys.

“Mense moet veral Saterdag tussen 13:00 en 14:00 kom oë wys. Dan is dit Happy Hour waar die gesoute fotograwe van die VPS fotografie vrae van die publiek beantwoord,” het Leon Jacobs gesê.

Die VPS is hierdie jaar 70 jaar oud en trots daarop. Dis in 1954 gestig, dieselfde jaar as die Photographic Society of South Africa.

Tans is Mike Tarmey (88) die oudste lid in jare en diens. Hy het reeds in die 80’s by die klub aangesluit, het op ‘n stadium die klub se nuusbrief behartig en het in verskeie bestuursrolle gedien.

Die VPS het in Augustus hul nuwe klubvoorsitter verkies. Francois Oosthuysen is ‘n dinamiese leier en ‘n ekspert fotograaf.

Hy het al verskeie internasionale toekennings verwerf en die klub sien uit na ‘n nuwe era van fotografie onder sy leiding.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button