News

Ondersoek volg ná vark se wrede dood

Die inspekteur het ná die voorval bedank.

VEREENIGING – Die plaaslike DBV sê hy ondersoek die skokkende voorval waartydens ‘n inspekteur van die DBV skynbaar die keel van ‘n vark op ‘n wrede en bloedige manier ten aanskoue van die publiek afgesny het.

Die voorval, waarvan ‘n video op sosiale media sirkuleer en ‘n groot reaksie ontlok het, het op 16 November by ‘n veiling in De Deur gebeur.

In die video kan mens sien hoe die inspekteur die vark se keel af sny.

Ooggetuies het dit as ongeloolflik wreed ervaar, terwyl lede van die publiek geskok was oor die lyding waaraan die vark blootgestel was voordat dit uiteindelik uitgesit is.

Die bloedige voorval het die gemeenskap geskok.

Gert Venter, ‘n ooggetuie op die toneel, het aan Vaalweekblad vertel dat die inspekteur bloed op die vark se stert gemerk het.

Die eienaar wou nie die vark vir behandeling neem nie en het die vark aan die DBV inspekteur oorhandig.

Die inspekteur het besluit om die vark se lyding te spaar en eerder uit te sit.

n Pengeweer word gebruik om dié genadedood toe te dien.

Dit is egter hier waar dinge sleg skeef geloop het.

Die inspekteur het die vark twee keer geskiet, maar steeds was die vark lewendig.

Die inspekteur het toe besluit om die vark se keel af te sny, ten aanskoue van die publiek.

Steeds het die vark nie gevrek nie en glo nog sowat agt meter geloop voordat ‘n plaaslike boer die dier uitgesit het.

Die DBV is net so hartseer oor die voorval en betreur die ongelukkigheid wat deur hierdie voorval veroorsaak is.

Die voorval het volgens Gert ten aanskoue van minstens 60 mense gebeur, wat vroue en kinders insluit.

Marlien de Klerk, bestuurder van die DBV van Vereeniging en Vanderbijlpark, het die voorval bevestig en sê dat die betrokke inspekteur onmiddellik geskors is, waarna hy bedank het.

Volgens De Klerk het die inspekteur die vark in erge nood aangetref, waar die dier swaar gebloei het.

Ná konsultasie het die eienaar gekies om die dier aan die inspekteur oor te gee vir menslike genadedood,” verduidelik sy.

De Klerk sê dat ‘n captive bolt pistol, ‘n standaardmetode wat gebruik word om ‘n menslike dood te verseker, aanvanklik gebruik is, maar die dier het sy bewussyn herwin, wat tot verdere nood gelei het.

“’n Tweede poging om die vark te verdoof, is aangewend, en die dier is uiteindelik doodgemaak,” verduidelik sy.

De Klerk sê die DBV is net so hartseer oor die voorval en betreur die ongelukkigheid wat deur hierdie voorval veroorsaak is.

Die vark het aanhou loop nadat die dier twee keer met ‘n pengeweer geskiet is en die dier se keel afgesny is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button